Search This Blog

Thursday 10 May 2012

Daai melk, daai melk,daai beesmelk.

Gewone koei melk is nie die enigste manier om die broodnodige kalsium in jou dieet in te sluit nie. Melk kom nie net in daardie wit vloeistof , en net gebruik om in die oggend oor jou pap te gooi nie. Dit kom in: poeier, as langlewe melk, ingedampte melk, room, kondensmelk, in jogurt en roomys vorm-en dit is net ’n paar!

Die verskeidenheid van produkte vandag is so groot dat ek partykeer verstom voor die rakke in die winkel staan en soms selfs moed verloor om te begin kyk watter produk ek wil gebruik. Dus het ons gaan ondersoek instel indien jy iets anders wil probeer of verder wil ontdek waarvoor melk als gebruik word en waarvoor die spesifieke melkproduk nie geskik is nie.

 

Vars melk se gebruike grens aan oneindig baie: botter, karringmelk, kaas, maaskaas, roomys, jogurt, om mee te bak, in koffie, terte en kos. Moenie gewone melk vir mense wat laktose-intolerant is gee nie. Die beste kos vir baba’tjies is borsmelk moet dus nie gewone melk in die plek daarvan vir hulle gee nie.

As poeier het melk ’n baie langer rakleeftyd en kan in koffie en in terte gebruik word. Poeiermelk wat nie spesiaal vir baba’s gemaak word nie, moet liefs nie vir hul voeding gebruik word nie. Poeiermelk is ook nie geskik vir die maak van botter, kaas en roomys nie. Langlewe melk kan vir dieselfde doeleindes as gewone melk gebruik word, maar het preserveermiddels in.

Ingedampte melk kan vir poeding, vla, en ander heerlike souse vir poeding gebruik word. Dié melk maak korrels as jy dit in koffie gooi en skif.

Room word gebruik in kos, botter te maak, karringmelk, roomys, te bak, souse en yskasterte. Room moet versigtig gebruik word want dit is baie ryk.

Jogurt kan vir terte en doopsouse gebruik word, en kan verdun word om te drink of gevries word vir ysies. Jogurt is soms ongeskik vir bak as van die bestandele te hoë temperatuur het.

Roomys kan gebruik word vir versiering, in melkskommels en roomys-terte. Moet liefs nie roomys probeer bak en probeer kaas daarvan maak nie. Kondensmelk kan gebruik word vir bak, jogurt te geur, gevriesde nageregte en in koffie gegooi word vir die soettand.


 


Monday 7 May 2012

Kafeteria se gebrek aan gesonde voedselkeuses

 

Voedsel wat te koop aangebied word vir leerder en ouers tydens atletiek en sport byeenkomste is ongesond en het baie min nutriënt waarde. Die tipe voedsel is hoog in vette, sout en of suiker.

ʼn Voorbeeld van die tipe voedsel soorte wat beskikbaar is:

·         Slap “chips” of skyfies

·         Sjokolades en ander lekkernye.

·         Pannekoek en vetkoek.

Dit is belangrik dat die snoepie ook kafeteria oorskakel na gesonder keuses toe om leerders vroegtydig te help om regte keuses omtrent voedsel en siektes soos hipertensie, oorgewig te vermy.
Voorstelle om gesonder voedsel te verkoop teen dieselfde pryse as ongesonde voedselsoorte net met meer nutriënt waardes:
 
In plaas daarvan om gaskoeldranke vol suiker te verkoop, verkoop gebottelde water en lae vet melkies.

        
 
Gebruik volgraan of bruinbrood vir toebroodjies in plaas van witbrood. Maak die vulsels van die toebroodjie maer vleis of vellose hoender of tuna met tamatie en blaarslaai of komkommer. Maak die broodjies kleurvol en interessant sodat leerders dit eerder wil koop.
 
Verkoop hoender borsies met avokado en feta  "wraps" in plaas van vetkoek of hamburgers.

Verkoop vrugteslaai in klein verpakte bakkies en weereens maak dit aantreklik en kleurvol. Moenie die vrugte bakkies in die agterkant van die yskas plaas nie sit dit waar almal dit kan sien,

Verkoop neute en biltong vir versnaperings ,want dit is ʼn goeie bron van proteïeneen hou leerders langer vol en balanseer energie vlakke.
 
Verkoop klein bakkies jogurt dit is gesond en sal die soet tande se lus wegneem. Jogurt hou energie vlakke konstant en onderhou bloedsuiker vlakke konstant.

Dit is ʼn goeie idée om minder ongesonde as gesonde keuses aan te hou veral omdat die leerders dan meer verplig sal wees om gesonde keuses te koop.  

Leerders sal die voedsel koop wat die maklikste is om tee et en wat die beste verkoop.
 
Die kostes sal nie hoër wees as die ongesonde voedsel soorte nie veral as die kafeteria die bestanddele grootskaal aankoop.

Sunday 6 May 2012

Gesonde kos = slimkoppe


Dit is soms moeilik om gesond te eet, want ongesonde kos is partymaal net soveel lekkerder!  
'n Ongesonde dieet kan lei tot siektes soos diabetes of obesiteit...






Watter voedsel moet ek bietjie minder van eet en watter moet ek sommer heeltemal vermy?
Voedsel wat baie suiker bevat is heel bo aan die 'afskaallysie'.  Drankies wat baie suiker bevat soos Coke is gewoonlik die sondebok.  Tieners is geneig om te eet van die voedsel wat voorkom in die kleinste deel van die voedselpiramiede - voedsel soos vette en suikers.  Dis nie altyd 'n slegte ding nie, onthou net matigheid is die wagwoord.





  

 

Peusel...peusel...peusel!
Wanneer jy peusel maak seker dit is gesond soos 'n volgraanbroodjie, lae-jogurt of kaas wat deel vorm van die komplekse koolhidrate.  Moenie net peusel aan lekkers en koeldranke wat deel is van die eenvoudige koolhidrate wat vinnig afgebreek word en energie vir net 'n klein rukkie verskaf nie. 

Om gesonde eetgewoontes te he kan nogal behulpsaam wees vir jou, veral as jy deelneem aan sport.  Kyk net hoe goed mens voel na 'n lekker gesonde ontbyt.  Dit is bewys dat 'n gesonde ontbyt help met breinaktiwiteit en sommer net gesondheid oor die algemeen.  Dit is dus baie belangrik om 'n voedsame ontbyt te eet voor skool.  Dit laat jou nie net lekker voel nie, maar maak jou sommer ook slim.