Search This Blog

Sunday 6 May 2012

Gesonde kos = slimkoppe


Dit is soms moeilik om gesond te eet, want ongesonde kos is partymaal net soveel lekkerder!  
'n Ongesonde dieet kan lei tot siektes soos diabetes of obesiteit...






Watter voedsel moet ek bietjie minder van eet en watter moet ek sommer heeltemal vermy?
Voedsel wat baie suiker bevat is heel bo aan die 'afskaallysie'.  Drankies wat baie suiker bevat soos Coke is gewoonlik die sondebok.  Tieners is geneig om te eet van die voedsel wat voorkom in die kleinste deel van die voedselpiramiede - voedsel soos vette en suikers.  Dis nie altyd 'n slegte ding nie, onthou net matigheid is die wagwoord.





  

 

Peusel...peusel...peusel!
Wanneer jy peusel maak seker dit is gesond soos 'n volgraanbroodjie, lae-jogurt of kaas wat deel vorm van die komplekse koolhidrate.  Moenie net peusel aan lekkers en koeldranke wat deel is van die eenvoudige koolhidrate wat vinnig afgebreek word en energie vir net 'n klein rukkie verskaf nie. 

Om gesonde eetgewoontes te he kan nogal behulpsaam wees vir jou, veral as jy deelneem aan sport.  Kyk net hoe goed mens voel na 'n lekker gesonde ontbyt.  Dit is bewys dat 'n gesonde ontbyt help met breinaktiwiteit en sommer net gesondheid oor die algemeen.  Dit is dus baie belangrik om 'n voedsame ontbyt te eet voor skool.  Dit laat jou nie net lekker voel nie, maar maak jou sommer ook slim. 

1 comment:

  1. Die ouderdom van 14-21 is sekr die groepmense wat die ongesondste eet. Daarom moet daar van klein tyd geleer word om regte voedsel keusee te maak. Matigheid is seker die woord om alles te beskryf veral by suikers (lekkers) ,sout(braaivleis ens) en vette.
    Eet gesonde peuselhappies soos hier voorgestel is dit het baie meer voedingswaarde en sal jou langer volhou.
    Goeie wenke!!!

    ReplyDelete