Search This Blog

Thursday 10 May 2012

Daai melk, daai melk,daai beesmelk.

Gewone koei melk is nie die enigste manier om die broodnodige kalsium in jou dieet in te sluit nie. Melk kom nie net in daardie wit vloeistof , en net gebruik om in die oggend oor jou pap te gooi nie. Dit kom in: poeier, as langlewe melk, ingedampte melk, room, kondensmelk, in jogurt en roomys vorm-en dit is net ’n paar!

Die verskeidenheid van produkte vandag is so groot dat ek partykeer verstom voor die rakke in die winkel staan en soms selfs moed verloor om te begin kyk watter produk ek wil gebruik. Dus het ons gaan ondersoek instel indien jy iets anders wil probeer of verder wil ontdek waarvoor melk als gebruik word en waarvoor die spesifieke melkproduk nie geskik is nie.

 

Vars melk se gebruike grens aan oneindig baie: botter, karringmelk, kaas, maaskaas, roomys, jogurt, om mee te bak, in koffie, terte en kos. Moenie gewone melk vir mense wat laktose-intolerant is gee nie. Die beste kos vir baba’tjies is borsmelk moet dus nie gewone melk in die plek daarvan vir hulle gee nie.

As poeier het melk ’n baie langer rakleeftyd en kan in koffie en in terte gebruik word. Poeiermelk wat nie spesiaal vir baba’s gemaak word nie, moet liefs nie vir hul voeding gebruik word nie. Poeiermelk is ook nie geskik vir die maak van botter, kaas en roomys nie. Langlewe melk kan vir dieselfde doeleindes as gewone melk gebruik word, maar het preserveermiddels in.

Ingedampte melk kan vir poeding, vla, en ander heerlike souse vir poeding gebruik word. Dié melk maak korrels as jy dit in koffie gooi en skif.

Room word gebruik in kos, botter te maak, karringmelk, roomys, te bak, souse en yskasterte. Room moet versigtig gebruik word want dit is baie ryk.

Jogurt kan vir terte en doopsouse gebruik word, en kan verdun word om te drink of gevries word vir ysies. Jogurt is soms ongeskik vir bak as van die bestandele te hoë temperatuur het.

Roomys kan gebruik word vir versiering, in melkskommels en roomys-terte. Moet liefs nie roomys probeer bak en probeer kaas daarvan maak nie. Kondensmelk kan gebruik word vir bak, jogurt te geur, gevriesde nageregte en in koffie gegooi word vir die soettand.


 


1 comment:

  1. 'n Mens vergeet soms hoe belangrik melk is vir jou...
    Kyk net hoeveel verskillende produkte is daar wat melk bevat en ook goed is vir jou. Dit kan so vervelig raak om net altyd dieselfde kos te eet en net 'n glas melk te drink...daar kan soveel gedoen word met al die verskillende melkprodukte en goeie gesondheid is 'n definiteiwe bonus!!

    Onthou melk gee sterk bene en tande :)

    ReplyDelete