Search This Blog

Monday 7 May 2012

Kafeteria se gebrek aan gesonde voedselkeuses

 

Voedsel wat te koop aangebied word vir leerder en ouers tydens atletiek en sport byeenkomste is ongesond en het baie min nutriënt waarde. Die tipe voedsel is hoog in vette, sout en of suiker.

ʼn Voorbeeld van die tipe voedsel soorte wat beskikbaar is:

·         Slap “chips” of skyfies

·         Sjokolades en ander lekkernye.

·         Pannekoek en vetkoek.

Dit is belangrik dat die snoepie ook kafeteria oorskakel na gesonder keuses toe om leerders vroegtydig te help om regte keuses omtrent voedsel en siektes soos hipertensie, oorgewig te vermy.
Voorstelle om gesonder voedsel te verkoop teen dieselfde pryse as ongesonde voedselsoorte net met meer nutriënt waardes:
 
In plaas daarvan om gaskoeldranke vol suiker te verkoop, verkoop gebottelde water en lae vet melkies.

        
 
Gebruik volgraan of bruinbrood vir toebroodjies in plaas van witbrood. Maak die vulsels van die toebroodjie maer vleis of vellose hoender of tuna met tamatie en blaarslaai of komkommer. Maak die broodjies kleurvol en interessant sodat leerders dit eerder wil koop.
 
Verkoop hoender borsies met avokado en feta  "wraps" in plaas van vetkoek of hamburgers.

Verkoop vrugteslaai in klein verpakte bakkies en weereens maak dit aantreklik en kleurvol. Moenie die vrugte bakkies in die agterkant van die yskas plaas nie sit dit waar almal dit kan sien,

Verkoop neute en biltong vir versnaperings ,want dit is ʼn goeie bron van proteïeneen hou leerders langer vol en balanseer energie vlakke.
 
Verkoop klein bakkies jogurt dit is gesond en sal die soet tande se lus wegneem. Jogurt hou energie vlakke konstant en onderhou bloedsuiker vlakke konstant.

Dit is ʼn goeie idée om minder ongesonde as gesonde keuses aan te hou veral omdat die leerders dan meer verplig sal wees om gesonde keuses te koop.  

Leerders sal die voedsel koop wat die maklikste is om tee et en wat die beste verkoop.
 
Die kostes sal nie hoër wees as die ongesonde voedsel soorte nie veral as die kafeteria die bestanddele grootskaal aankoop.

1 comment:

  1. Ek dink jy slaan die spyker op die kop!

    Kinders besef nie altyd die erns van gesond eet en gesonde eetgewoontes nie.
    Ek dink dit is 'n baie goeie idee om kinder bloot te stel aan gesonde kos deur dit in die kafeteria aan te hou.

    Dit is belangrik om te onthou dat die besluite wat jy nou neem, veral wanneer dit oor voedselkeuses is, 'n invloed sal hê op die res van jou lewe.

    ReplyDelete